Outeniqua Primary 25 - 27 July 2014 Wees Gou-Da!

Katedraalstraat voor Outeniqua Laerskool sal gesluit wees vanaf Vrydag, 26 Julie 13:00 tot Sondag, 28 Julie 18:00.
ABSA ATM by fees beskikbaar asook kredietfasiliteite by die inligtingskiosk.

11de George Kaasfees!

2013 Kaasfees, vir die hele familie

steve-hofmeyer

Gedurende die laaste naweek van Julie gooi George sy winterbaadjie af en trek sy feesskoene aan wanneer die 11de Vodacom George Kaasfees plaasvind. Met vermaak, sport en stalletjies uit die boonste rakke, beloof hierdie uiters gewilde fees by Laerskool Outeniqua om iets vir almal te bied.

Donderdagaand, 25 Julie, word die fees amptelik geopen tydens die Vodacom Shop George Gala aand met die talentvolle Steve Hofmeyr as gaskunstenaar. Kaartjies vir die geleentheid is beskikbaar by Laerskool Outeniqua.

Vrydag, 26 Julie, open die feesdeure om 14h00 vir ‘n spesiale afslag-dag met toegangsgeld R45 vir volwassenes en R20 vir kinders O/13 jaar.

Sondag, 28 Julie, kan besoekers uitsien na vertonings van Radikaal en Michael Lindt, voor Romanz die fees afsluit.

Benewens 75 uitsoek-stalletjies wat gaan kreun onder watertand lekkernye vir smulpape in die Van Rensburgs Food Hall en 8 kuierkosstalletjies in die Garden Route Casino, Hotel & Entertainment Tent, sal besoekers ook die geleentheid hê om “4de Laan” te besoek met unieke klein winkeltjies waar jy goeie kwaliteit ware kan besigtig en koop.

Proe-sessies word ook deur SAB se Denis da Silva aangebied in “The World of Beer & Cheese”. Die smaakbelewenis word voortgesit by die “Portfolio of Port” , waar kundiges jou op ‘n reis neem wat waarborg om jou sensoriese horisonne te verbreed.

As dié reis bietjie jou voete onder jou uitslaan, kan jy gerus ‘n stoel nadertrek in die Garden Route Casino, Hotel & Entertainment Tent en jou ingewande kom versterk, terwyl verskeie kunstenaars soos Carla en Zippo sal sorg vir ‘n verrassing van talent. Dit is ook hier waar feesgangers vir seremoniemeester Aida Steyn van die Bravo Lounge kan ontmoet.

Ouers sal bly wees om te hoor dat die kinderarea nou op die skoolterrrein is waar die jonges vermaak sal word met ouderdomsgepaste aktiwiteite. In die “Kids Zone” kan hulle uitsien na flieks, asook hul eie “Kids Café” waar hul kan smul aan al die lekkernye.

‘n “Paintball” kompetisie is ‘n nuutjie op die fees en spanne sal vooraf daarvoor kan inskryf. Die fikses sal ook nie die Sportscentre Farmland Run wil mis nie. Inskrywingsvorms en meer besonderhede beskikbaar op die fees se webblad.

Saterdag en Sondag se toegang beloop R65 per volwassenes en R30 per kinders O/13 jaar.

Rugbygeesdriftiges hoef nie te vrees dat hulle enigiets sal misloop nie aangesien Castle Lite sal sorg vir groot TV skerms en ‘n lafenissie vir die sport se opwinding.

Lees Meer

2014 Festival is coming!

Venue

Outeniqua Primary school, Cathedral Street, George

View Map

Festival Map

Daily Entrance

Tickets available at the entrance gate.
Friday: Adults & pensioners - R45
Children u/13 - R20
Saturday: Adults – R65
Children u/13 – R30
Sunday: Adults – R65
Children u/13 – R30

Timetable

Friday 25 July 14:00 – 00:00
(exhibitors stalls close @ 19:00)
Saturday 28 July 09:00 – 00:00
(exhibitors stalls close @ 20:00)
Sunday 29 July 10:00 – 16:00

MC van Kaasfees 2013

Aida Steyn

Aida Steyn - die Vermaaklikheids Koördineerder van Bravo Lounge, is die MC by 2013 Vodacom George Kaasfees

Vodacom

Message from Vodacom

Every year as the winter winds threaten to rip, we always take respite in the beautiful and warm embrace of the hospitality of George.

Details
Proteat Hotel Outeniqua

Protea Hotel Outeniqua

Protea Hotel Outeniqua will be supporting the festival by sponsoring the accommodation for our visiting guest artists and special guests.

Details
Pink Trees

Pink Trees for Pauline

Pink Trees for Pauline, aims to raise funds and awareness for those who dealt with the scourge of cancer.

Details

What do you want to do?

Get in on the action!

Thank you very much…

Official Sponsor

  • Vodacom

Main Sponsors

  • George Municipality
  • Garden Route Casino
  • George Herald
  • Sportcentre
  • EOH
  • Castle Lite
  • Proteat Hotel Outeniqua
  • NLR Wines
  • Tramonto
  • Checkers
  • Bonaqua
  • RS Communication
  • Masshire
  • Rawson
  • Remax
  • Van Rensburgs Foods
  • Harveyworld
  • Gr8 Tennis
  • PG Glass

Supplier Sponsors

  • Sanguines College
  • NQ tac
  • Sign Pro
  • Pennypinchers
  • SAB
  • ABSA
  • Kempston Group
  • Distell
  • Boplaas
  • Zandvliet
  • Coastalhire
  • CHEP
  • Pink Trees
  • Touw Meubels
  • CCPP Productions
  • Bofberg Flowers
  • Imperial Truck Rental
  • Transform Electrical
  • Click On Itl
  • Acme Tools
  • Labelle School
  • 4 Brothers
  • Pro Medal
  • Outeniqua Tree Farm
  • Terblanche Vervoer
Need more information 082 547 3161 044 874 2332 info@georgecheesefestival.co.za
Outeniqua Primary 25 - 27 July 2014 Wees Gou-Da!

© 2014 Vodacom George Cheese Festival
Candlelight